Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Song of Solomon 1

:
Afrikaans - AFR20
1 Die lied van alle liedere. Van Salomo.
2 Laat hy my met die soene van sy mond soen; ja, jou liefkosings is beter as wyn.
3 Die geur van jou reukolie is heerlik, reukolie wat uitgegiet word, is jou naam daarom raak die meisies verlief op jou!
4 Neem my saam met jou! Kom ons hardloop! Die koning het my na sy kamer geneem. Ons wil vreugde put uit jou, ons verheug oor jou! Ons wil jou liefkosings meer aanprys as wyn. Hulle is met reg verlief op jou!
5 Ek is donker, meisies van Jerusalem, en pragtig soos die tente van Kedar, soos Salomo se tentdoeke.
6 Moenie na my staar omdat ek donker is, omdat die son my bruin gebrand het nie. Die seuns van my ma was kwaad vir my: Hulle het my die wingerde laat oppas; my eie wingerd kon ek nie oppas nie.
7 Laat weet my tog, geliefde van my hart, waar laat jy jou kudde wei, waar laat jy hulle in die middag rus? Waarom moet ek gesluierd gaan tussen jou vriende se kuddes?
8 Weet jy dit nie, mooiste onder die vroue? Volg die spore van die kleinvee en laat jou lammers langs die herders se tente wei.
9 Soos 'n merrie by die farao se strydwaens is jy vir my, my liefling.
10 Hoe bekoorlik is jou wange met die stringe krale, jou nek met die halssnoere!
11 Kom ons maak vir jou goue kettinkies, gestip met silwer.
12 Terwyl die koning by sy feestafel is, versprei my nardus sy geur.
13 'n Sakkie mirre wat tussen my borste rus, is my liefste vir my.
14 'n Bossie hennabloeisels in die wingerde van En-Gedi, is my liefste vir my.
15 O, hoe mooi is jy, my liefling, hoe mooi is jy! Jou is duiwe.
16 O, hoe mooi is jy, my liefste, en aantreklik! Ons bed is groen loof.
17 Die balke van ons huis is seders, ons dakbalke sipresse.